FRANCI GREYLING

TUIS | STORIEWERF | SKRYFWERK | KUNSTENAARSBOEKE | PROJEKTE | GEMEENSKAP | SKRYFOPLEIDING | NAVORSING | PROFIEL

Kunstenaarsboeke

avontuur

AvonTUUR

2007

Groepsuitstalling: Op die spoor van kreatiewe kreature

 

AVONTUUR

TINBOEKTOE TOE

MOOIRIVIER

avontuur oop

Avontuur met die kassie soos uitgestal

avontuur kissie

Kissie - Mossie Greyling

strokie

strokie

Strokies - illustreerder Alex van Houwelingen

avontuur bladsy

Uitleg - Christiaan E van der Westhuizen

avontuur dubbelblad

op die brug

Die karakters, die skrywer (Franci Greyling) en die illustreerder (Alex van Houwelingen)

Die kunstenaarsboek Avontuur bestaan uit twee gedeeltes, naamlik 'n boek en 'n hand­gemaakte houtkissie met verskeie items daarbinne. Die hardebandboek (29cm x 31cm) is handgebind in grofgeweefde donkerblou materiaal. Die bladsye van die boek word telkens in twee gedeeltes verdeel, naamlik 'n getekende strokieprent (26,5 cm x 4cm) bo aan die bladsy en 'n afdruk van ’n kleurfoto (26,5cm x 20cm) in die spasie daaronder. Verder is daar los dokumente wat op verskillende maniere in die boek gevoeg is (los bladsye, bladlintjies, fotohoekies, inskuif) en deur die leser hanteer kan word. Die handgemaakte houtkissie vorm deel van die uitstalling. Die kunstenaar Mossie Greyling het die kissie gemaak, terwyl ek die inhoud gemaak en versamel het. Hierdie items wat met die briefskrywer verbind word, sluit in kleifiguurtjies van vreemde diere, 'n halssnoer van natuurlike materiale, plant- en diermateriaal soos geparste blare en 'n tarentaalveer, 'n inkpotjie, pen, foto’s en stukkies papier. Die kissie, bokant en binnekant, is ook agter in die boek afgedruk.

avontuur

 

Meer oor die projek:

Greyling, F. 2009. Avontuur: 'n praktykgebaseerde verkenning van intermedialiteit en materialiteit in 'n boekprojek. Stilet September ISSN 1013-4573