FRANCI GREYLING

TUIS | STORIEWERF | SKRYFWERK | KUNSTENAARSBOEKE | PROJEKTE | GEMEENSKAP | SKRYFOPLEIDING | NAVORSING | PROFIEL

Kunstenaarsboeke

tinboektoe toe

Tinboektoe toe

2009

Groepsuitstalling: Oor die einders van die bladsy


AVONTUUR

TINBOEKTOE TOE

MOOIRIVIER

tinboektoe toe

Tinboektoe toe

reis

Die middelste meisiekind

Jare terug het die meisiekind
na baie droom en baie dink
uit blik en sink en stukkies draad
vir haar 'n wondertuig gemaak...

reis

op reis

poskaarte van korrespondente

korrepondente

Versameling blikke met poskaarte aan Middelste Meisiekind

uitstalling

Uitstalling

 

Die kunstenaarsboek,Tinboektoe toe, is geskep binne ʼn interdissiplinêre kreatiewe navorsings­projek, Oor die einders van die bladsy (2009-2011), waarin kunstenaars en skrywers genooi is om die grense van die boek te oorskry.

Die reismotief en die onderliggende gedagte van Tinboektoe toe, naamlik die skeppende krag van stories en verbeelding, word konkreet vergestalt in die fisiese formaat van die boek asook deur die interaktiewe wyse waarop die boek tot stand gekom het en gelees kan word. Die storie gaan oor 'n karakter, die Middelste Meisiekind, wat met haar wondertuig op reis gaan. Tydens die reis versamel sy brokkies stories uit verskillende verhaaltradisies wat sy op poskaarte vir haar vriende stuur. Die visuele elemente op die poskaarte sluit aan by die betrokke storiebrokkie, die reiservaring en die narratief van die Middelste Meisiekind.

Twintig stelle van hierdie poskaarte (28 in totaal) is laat druk en oor 'n tydperk wat met die reistyd in die storie ooreenkom aan ontvangers (Middelste Meisiekind se “vriende”) gepos. Die ontvangers, werklike mense wie se ouderdomme tussen 5 ten 75 wissel, het op hulle beurt aan die fiktiewe karakter geskryf en hulle eie stories vertel. Die fisiese boek bestaan uit 'n drielaagblik met Middelste Meisiekind se poskaarte en posstempels, asook ʼn versameling blikke wat ongeveer 200 poskaarte van haar vriende bevat. Die leeservaring van die boek behoort soortgelyk te wees as om briewe en poskaarte te ontdek en 'n eie storie hieruit te konstrueer.

 

 

Lees meer oor die projek:

Greyling, S.F., 2013, Tinboektoe toe: ’n Ruimtelike ontdekkingsreis’, Literator 34(2)