FRANCI GREYLING

TUIS | STORIEWERF | SKRYFWERK | KUNSTENAARSBOEKE | PROJEKTE | GEMEENSKAP | SKRYFOPLEIDING | NAVORSING | PROFIEL

Projekte

byderhand

Byderhand

Interdissiplinêre en kreatiewe navorsingsprojek 2015-2016 byderhand.net

Projekleier: Franci Greyling


BYDERHAND

WEERSPIEëLING EN WEERKLANK

OOR DIE EINDERS VAN DIE BLADSY

KREATIEWE KREATURE

 

 

 

plakkaat

Byderhand is ʼn eksperimentele ruimte vir skryf en lees in nuwe kontekste, en besonder vir die ondersoek na die moontlikhede van plekspesifieke digitale literatuur. Die projek behels die ontwikkeling van multimodale tekste wat deur middel van draagbare digitale tegnologie op spesifieke plekke gelees kan word. Die digitale media maak dit moontlik om verskillende kunsvorms en media te kombineer, byvoorbeeld literatuur, beeldende kuns, video, tipografiese animasie, en klank- en musiek­opnames.

Byderhand 2015 is deel van die woordkunsprogram by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2015 (6-10 Oktober, Potchefstroom) aangebied. Die projek is as ʼn interaktiewe leesfees bemark en het uit die volgende subprojekte bestaan: Tuinverse in die Botaniese Tuin (gedigte en kinderverse), Rusplekstories by die Boeke-Oase (kortverhale en kinderstories), Dwaalverhaal by die Hoër Tegniese Skool (tienerverhaal) en Taxistrips op die FNB-pendelroete (strokies). Al die werk vir Byderhand 2015 is spesiaal vir die projek geskep deur skrywers en kuns­tenaars met Potchefstroom-verbintenisse. Lesers het via QR-kodes met draagbare toestelle (selfone of tablette) toegang tot die werk gekry.

Die projek het die ATKV-Aartvark Prys vir Grensverskuiwende werk ontvang.

Byderhand is ʼn interdissiplinêre praktykgebaseerde kreatiewe en navorsingsprojek deur die Vakgroep Skryfkuns in die Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Die projek word onderneem in die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks, en vorm ook deel van die onderneming om digitale humaniora (digital humanities) aan die Noordwes-Universiteit te vestig.

totempale

Strijdom van der Merwe se totempale word in die Botaniese Tuin staan gemaak.

qr kode

Skandeer die QR-kode

Byderhand lees in tuin

Leeservaring - Tuinverse

dwaalverhaal

Dwaalverhaal: Die skrywer, Hans du Plessis, in gesprek met die produksiespan van die Dwaalverhaal

dwaalverhaal leesavontuur

Jong lesers op die spoor van die dwaalverhaal.

taxistrips

Taxistrips: Khaya Mtshali (kunstenaar) en DJ Cloete (assistent)

taxistrips

Taxistrips: So maak mens

rusplekstories

Rusplekstories in die Boeke-oase

aartvarkprys
ATKV-Aartvark Prys vir Grensverskuiwende werk

 
ontwerp

 

Projekwebtuiste: byderhand.net

Ontwerper: Gustaf Tempelhoff

Greyling, F. 2017. Plekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe kontekste. LitNet Akademies Jaargang 14(2)