FRANCI GREYLING

TUIS | STORIEWERF | SKRYFWERK | KUNSTENAARSBOEKE | PROJEKTE | GEMEENSKAP | SKRYFOPLEIDING | NAVORSING | PROFIEL

Skryfwerk

jeugromans Illustrasie: Alida Bothma

Jeugromans

1984-1997


JEUGROMANS

PRENTEBOEK

VERSE

KORTVERHALE

RADIODRAMA

 

vleuels soos die arende

Vleuels soos die arende

Tafelberg
1997

Marjolein, roosmaryn, kapperkruid, laventel, dille, tiemie. . . As sy dit aanhou sê, oor en oor, doof sy dalk die ou-ou klanke van Baa baa black sheep en Mary had a little lamb uit; kan sy dalk vergeet van die klavier se swart en wit klawers, van kleintyd toe . . .

"Vleuels soos die arende, is 'n fyn onthulling van een van die grootste nagmerries waarmee 'n mens in die lewe te doen kan kry."

   
die meisie van melrosehuis

Die meisie van Melrosehuis

Tafelberg
1995

Die aand toe die bom by Melrosehuis ontplof, is Sonja eerste op die toneel. Sy is ook die enigste een wat sien hoe die voordeur stadig van binne oopgestoot word en 'n jong meisie verskrik na buite loer voor sy weer verdwyn. Deur al die dinge wat gebeur en dié winter anders maak, bly Sonja gedurig op soek na die meisie at sy daardie aand gesien het.

   

Kort voor cul de sac

Tafelberg
1992

Theo. Boetman. My blonde boetie. Theo wat in standerd ses opgehou het met rugby, in standerd sewe met kunslesse, in standerd agt nie wiskunde wou neem nie, in standerd nege vir hom 'n oorring laat insit het. Theo wat verlede Vrydag vir Pa staan en skreeu het, sy klere gevat en padgegee het.

   
OM TE WAG OP 'N DUIF

Om te wag op 'n duif

Tafelberg
1991

'n Landmynontploffing op 'n wildplaas verander Jaco se lewe vir altyd. Ná weke in die hospitaal weet hy dat hy nooit weer 'n middelafstandwedloop sal wen nie. En hy kan niks van die ongeluk onthou nie. "Nie van voor die tyd nie en ook nie wat gebeur het nie en ook niks van daarna nie." Wat ook al gebeur het, was so verskriklik dat sy verstand weier om dit te ervaar.

   
kransduif en edelvalk

Kransduif en edelvalk

J.P. van der Walt
1991

Van pure skrik skuif hy weg van die kant af en sit terug.
Die duifie is regtig weg - en hy sien ook nie die ouers in die lug naby nie . . . net: die skerp vleke van 'n . . . valk!
"Vat so, jou. . ."
Die valk tuimel grond toe - soos 'n vlieër wat skielik uit 'n windstroom geraak het.

   
Dirkie Drieka Frederika

Dirkie, Drieka, Frederika

Tafelberg
1988

Dis die jaar 1901 in Transvaal. Die oorlog is al agttien maande aan die gang en die alledaagse plaaslewe voel taamlik vervelig vir 'n lewenslustige meisiekind wat nie van huiswerk hou nie. Dirkie - of Frederika, soos Ma haar noem - wens sy kon eerder saam met Pa en Ouboet en Braam op kommando wees. Maar dan kom waarsku Pa een nag dat hulle moet vlug voordat die Kakies hulle na een van die nuwe kampe vir vroue en kinders neem.

Sanlamprys vir Jeuglektuur 1988 - brons

   
Helena in die tyd van die tente

Helena in die tyd van die tente

Tafelberg
1986

Vir Helena beteken die tyd van die tente Engelse soldate wat oor die plaas swerm, die opstal wat in vlamme opgaan, 'n reis in 'n oop veetrok, lang toue vir skraal kosrantsoeke, winternagte met slegs 'n klam kombers tussen haar en die grond. . .
Maar omdat sy die grint van die land in haar het, soos haar pa en haar ouma, kom sy dié dinge te bowe. Daarom kon sy daardie dag die soldaat wat met die vuurhoutjie in die hand staan en wag het, 'n barshou kyk.

   
Die duermekaarste herfs

Die deurmekaarste herfs

J.P. van der Walt
1984

Die deurmekaarste herfs is die verhaal van 'n jong meisie wat haar ouers se vervreemding en egskeiding moet verwerk. Met hierdie jeugverhaal maak Franci Greyling haar debuut, en het sy spesiale vermelding gekry in J.P. van der Walt se jeugverhaalwedstryd wat in 1983 uitgeskryf is.