FRANCI GREYLING

TUIS | STORIEWERF | SKRYFWERK | KUNSTENAARSBOEKE | PROJEKTE | GEMEENSKAP | SKRYFOPLEIDING | NAVORSING | PROFIEL

Skryfwerk

radiodrama Konfyt: Paula Greyling

Radiodrama

Die vye is nou ryp - uitgesaai in Radioteater, RSG

2011


JEUGROMANS

PRENTEBOEK

VERSE

KORTVERHALE

RADIODRAMA

 

opnameatlejee

Opname: Die vye is nou ryp
Joanie Combrink, Joshua le Grange, Nicolette van Schalkwyk, Stian Bam.

opnamealeljee

In die opnameateljee: Margot Luyt en Alan Rabey

Die radiodrama, Die vye is nou ryp, handel oor ‘n middeljarige vrou Louise, wie se kinders in die buiteland woon. Sy probeer die verhouding deur briefwisseling in stand hou, maar die ¬†verlange na haar kinders en kleinkinders  maak dit toenemend moeilik om te skryf. Louise se ervaring in 2010 vind weerklank in die briewe van ‘n Hollandse onderwyser, Jan Hoogeveen, wat die einde van die 19e eeu na die Transvaal gekom het. Jan Hoogeveen het oor die verloop van vier jaar 100 briewe aan sy gesin in Holland geskryf. Hierdie briewe is deur Ena Jansen vertaal en deur Human & Roussouw uitgegee as Briewe uit ou Transvaal.

Die titel van die radiodrama, Die vye is nou ryp, hou verband met ‘n brief wat Hoogeveen kort na sy aankoms in die ZAR aan sy vrou geskryf het en waarin hy verwonderd vertel van die oorvloed vrugte in die boorde en hoe heerlik vars vye smaak. Op haar beurt probeer Louise herinneringe vasvang deur vyekonfyt te kook. Alhoewel die twee ervarings meer as 100 jaar van mekaar verwyderd is, is daar universele raakpunte in die ervaring van verplasing, verlange en vervreemding.

Die vye is nou ryp is aangewys as die wenner van die 3e prys in die RSG/Sanlamradio­dramaskryfkompetisie van 2010. Die drama is op 7 April 2011 op RSG uitgesaai onder spelleiding van Margot Luyt. Die spelers was Joanie Combrink, Erika Wessels, Pieter van Zyl, Eben Genis, Juanita Swanepoel, Stian Bam, Nicolette van Schalkwyk en Joshua le Grange. Die klank en tegniese versorging is gedoen deur Alan Rabey.